Welcome to our website.
Westrand Racing Pigeon
         Association

Bogenoemde duiwe-unie is aan die verre Wes-Rand geleë.  Hy het sy ontstaan gehad, deurdat vier klubs in die jare 70`s, besluit het om af te stig van die West Rand Homing Combine.  Die stigters-klubs  was Krugersdorp Posduifunie (KPU), Randfontein Resiesduifklub (RRDK), Venterspost Duiweklub (VDK) en Carletonville Posduifklub (CPK).  Op daardie stadium het die W R R P A geen vervoer gehad nie en moes van die trein gebruik maak om duiwe te vervoer.  Later is daar van G R R P A, THU en WRHC nou WRPU se vervoer gebruik gemaak totdat `n eie trok gekoop  is.

 

Tans bestaan die W R R P A uit 9 klubs, nl. Fochville, twee klubs in Krugersdorp nl. KPU en KRPS, Witpoortjie, Randfontein, Magalies, Westonaria, Noordheuwel en Carletonville.  Die W R R P A spog met van die goedkoopste vervoergeld in die land.  Ons is  baie trots op ons trok. Daar is 120 mandjies op die trok, elke mandjie kan 35 duiwe akkommodeer.  Die trok is duifgerig deurdat  duiwe nie vanaf die trok gesteel kan word as iewers stilgehou word nie.  Kos en water word aan albei kante van die mandjies voorsien.

About us
Visitors
SANPO
Pigeon Web
Links
Results 2012
Contact
News
Konstitusie
Wedvlug Program
Oefen Program
Koste
Uitslae
Foto's
Nuus / Gesels
Veilings
Ring Databasis
Information
Gelukwense

Die 2012 seisoen

is hier!

 
       Baie geluk aan ons
      Unie kampioen 2011
 
        D & C Rootenberg
 
  Geluk ook aan al die ander 
        wenners van 2011
 

Die 2012 seisoen is hier. Die lug is vol duiwe en almal is in rep en roer om die laaste voorbereiding te doen.

Van die bestuur se kant wil ek eerstens almal ‘n goeie seisoen toewens.

 

Al hoewel dinge nie altyd vlot verloop nie hoop ek dat ons saam alle problemekan uitsorteer wat mag opduik gedurende die seisoen en dit n aangename seisoen maak vir almal.

 

Die web werf is reeds opgedateur vir u gerief met die nuwe inligting aangaande kostes vir die jaar as ook die wedvlugprogram.

 

Groete

 

Gerhard